Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Raadsheer Niklaas Booisen en ‘n span vrywilligers het gister, 18 April op Gesinsdag moue opgerol en hand bygesit met die optel van vullis in die Civic Park-woonbuurt.
Daar was veral ‘n problem in die omgewing van die Civic Park-kleuterskool waar baie vullis rondgelê het.
Booisen het berig dat hy en sy span teen namiddag ‘n groot hoeveelheid vullis opgetel en vir verwydering bymekaargesit het.
Van sy handlangers was Mej DA-finalis, Leche Gelderbloem en Wyk 2-jeugverteenwoordiger vir die DA, Lee Roy Booisen.
FOTOGALERY: Optel van vullis in die Civic Park-woonbuurt
Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'