MOSSELBAAI NUUS - Chernan Joseph van Hoërskool Sao Bras het op 18 en 19 Februarie aan die SWD-atletiekkampioenskap deelgeneem en nie net 'n rekord van 15,01m in die o/20-gewigstoot opgestel nie maar het ook die o/20-diskus gewen.
Hiermee kwalifiseer hy om by die ASA-kampioenskap deel te neem in diskus en gewigstoot.
Volgens Chernan se trotse afrigter, Jannie Nel, behoort hy ook in die Eden skole-span opgeneem te word wat binnekort in die Wes-Kaap gaan deelneem.
Nog atlete wat ook deur Nel afgerig en ook aan die kampioenskap deelgeneem het, is Jeniqo Gallant, Marques James en Kearan Arends. Gallant behaal 'n eerste plek in die 400m o/17, James 'n derde plek in die 3 000m o/17 en Arends 'n derde plek in die 200m o/17. Almal is leerders van Hoërskool Sao Bras.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'