GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Meer as R450 000 se goedere is by 'n PEP winkel op Groot-Brakrivier gesteel.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Lauriane Botha sê werknemers het vanoggend, op Maandag, 19 September die winkel oopgesluit en gesien dat daar deur die dak toegang tot die perseel verkry is.
Botha sê die winkel was Sondag vir besigheid gesluit en die vermoede bestaan dat die inbraak enige tyd vanaf Saterdagaand tot vanoggend vroeg kon plaasvind.
Sy sê 600 selfone, 50 DStv-dekodeerders en R100 000 word vermis. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van huisbraak.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die Kommunikasie-beampte van die Groot-Brakrivier Polisiestasie, sersant Lauriane Botha, versoek die publiek om hulle tydens beurtkrag op die sektor nommer te skakel (082 552 1682).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'