Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaaier, Michelle Reyneke het die laaste twee weke opgemerk dat daar ewe skielik bye op haar grasperk voorkom.
Volgens Reyneke gebeur dit wanneer die son skyn maar nie as dit bewolk is of as dit reën nie. Dit gebeur sonder dat daar enige blomme op die gras is."
As 'n mens daar loop, moet jy baie versigtig wees om nie op hulle te trap nie.Ons het nie byekorwe naby ons huis nie," vertel sy.
"Dis egter baie eienaardig. Hulle kom nie voor in die bome wat blomme het of in die blombeddings nie, net orals op my grasperk," sê sy.
Eers later het die geel en wit blommetjies op die gras begin groei en Reynecke wonder of die bye moontlik 'n bydrae gelewer het tot die blommetjies se ontstaan.
Weet jy dalk hoekom die bye spesifiek op hierdie stukkie grasperk voorkom? Stuur 'n epos na jannie@groupeditors.co.za indien jy antwoorde hieroor het.
VIDEO - Bye op grasperk (Video: Michelle Reyneke Redigering: Jannie du Plessis).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'