MOSSELBAAI NUUS - Vyf buurtwagte, Heiderand, Bo-dorp, Onderdorp, Da Nova en Tarka het onlangs opleiding gekry in brandbestryding. Volgens die buurtwaglede was dit tydens die onlangse brande in Mosselbaai duidelik dat hoewel die gemeenskap 'n goed toegeruste brandweereenheid het, buurtwagte ook van hulp kan wees om brande te blus en verkeer te reguleer.
Daarom het buurtwagte opleiding gekry in basiese brandbestryding. Tydens die opleidingsessie het die lede geleer van die tipe brande, en ook watter brandblusser gebruik moet word op watter brand.
Lede het geleer van die gevare wat brande kan veroorsaak en die praktiese opleiding het die blus van 'n brand behels.
Indien lesers by die buurtwagte betrokke wil raak, kontak: Heiderand: Peggy (072 929 5510); Bo-dorp: Leon (082 651 6228); Onderdorp: Martie (071 514 4501); Da Nova: Elaine (076 407 8147) en Tarka: mnr Afrika (083 310 9335).
Die buurtwagte bedank die munisipaliteit, die uitvoerende onderburgemeester Dirk Kotzé, direkteur Elize Nel, die hoof van die brandweer, Joseph Johnson, Mosselbaai-polisiestasie se stasiebevelvoerder, lt kol Albert Haggard en Leon van Dyk van die gemeenskapspolisiëringsforum, vir hulle aandeel in die opleidingsessie.
Die buurtwaglede wat die kursus bygewoon het by die Mosselbaai brand- en rampbestuursdienste.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'