MOSSELBAAI NUUS - Verteenwoordigers van die onderskeie buurtwagte in die groter Mosselbaai het Maandagaand 'n insiggewende seminaar in George bygewoon.
By hierdie geleentheid het die buurtwagte van Bo-dorp, Onderdorp, Heiderand, Da Nova en Danabaai weer amptelike akkreditasie van die Wes-Kaapse regering se departement van gemeenskapsveiligheid ontvang.
Buurtwaglede kon ook verskeie stalletjies besoek voor die aanvang van die aand se verrigtinge.
'n Nuwe handelsmerk vir buurtwagte is bekendgestel en 'n bestuurs- en kommunikasiesisteem is met lede bespreek.
Buurtwaglede het ook geleentheid gekry om met die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, minister Albert Fritz en ander senior polisie-offisiere en departementele personeel te skakel.
Buurtwagverteenwoordigers van die groter Mosselbaai tydens die insiggewende seminaar in George.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'