MOSSELBAAI NUUS - New Sunnyside-buurtwag, Mosselbaai: ‘n Paar lede van die New Sunnyside-buurtwag is op Donderdag, 16 Februarie die geleentheid gebied om 'n besoek aan Mosselbaai se Gesamentlike Operasionele Sentrum - Joint Operational Centre (JOC) te bring.
Die doel van die besoek was om beter te verstaan hoe die JOC bedryf word en wie al die rolspelers is.
Die lede het dit baie insiggewend gevind en in die opsig was dit ná die besoek duidelik hoe die buurtwagte van Mosselbaai inskakel om die bekamping van misdaad in die breë gemeenskap te bewerkstellig.
Baie dankie aan raadslid Leon van Dyk vir die vergunning om die JOC te besoek.
Mnr Arthur Riordan, GPF-voorsitter, word bedank vir sy tyd, aanbieding en advies ter bevordering van die buurtwag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'