REEBOK NUUS - Midbrak Buurtwag hou Maandag, 10 Junie, 'n ope vergadering by die Reebok-gemeenskapsaal waar 'n lid van die seegrens-polisie met lede kom gesels.
Die vergadering vind om 18:00 plaas.
Die buurtwag sê ao Arno du Plessis van die seegrens-polisie sal oor 'n paar interessante dinge kom praat, insluitend diegene wat op strande gesien word met hul groot wit sakke wat dinge uit die see haal.
Wie is hierdie mense, wat haal hulle uit die see, het hulle permitte, wie kontroleer hulle permitte of lisensies en waar doen 'n mense navraag as jy so iets sien. Dit is van die vrae wat beantwoord sal word.
Die buurtwag nooi lede van die gemeenskap uit om gerus te kom luister na ao Du Plessis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’