MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 26 Mei het die Onderdorp-buurtwag op Mosselbaai 'n oproep ontvang vanaf 'n buurtwaglid wie se skootrekenaar en hardeskyf gesteel is.
Die verdagte persoon se beskrywing is deurgegee en die inligting is op sosiale media geplaas. Met die hulp van die Mosselbaai-polisie is 'n verdagte opgespoor en die gesteelde items is teruggekry.
"Die buurtwag is die oë en ore van die polisie en die Onderdorp-buurtwag werk baie nou saam met Mosselbaai se polisie. Dit is van kardinale belang dat beide vennote mekaar aan die hand vat," sê Martie Loubser, lid van die buurtwag.
Die Mosselbaai-polisiestasie se bevelvoerder lt kol Albert Haggard en sy bestuurspan bedank die buurtwagte vir hul samewerking.
Enigeen kan by die buurtwag aansluit. Kontak Martie (071 514 4501) of Paul (082 387 0955).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'