GROOT BRAKRIVIER NUUS - Op Maandag, 13 Julie het die Groot-Brakrivier Buurtwag weer eens bewys hoe belangrik die teenwoordigheid van 'n buurtwag in vandag se samelewing is.
Die buurtwag het 'n jong man wat na bewering 'n fiets en ander klein items gesteel het in die vleigebied oorkant Langstraat vasgekeer.
Die buurtwag sê dit sou nie moontlik gewees het sonder hul tweerigting radio-kommunikasie nie. Die buurtwag het onlangs in die tweerigting radio's belê en sê hul taak is om die dorp te beveilig.
Die verdagte is aan die polisie oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'