MOSSELBAAI NUUS - Met nog net enkele maande voor die jaarlikse Mosselbaai Sport en Rekreasiefees, volg die nuus dat die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, sy Burgemeestersbeker-sportbyeenkoms oor twee dae in Groot-Brakrivier sal aanbied.
Die byeenkoms, wat sterk sal fokus op deelnemers uit die landelike gemeenskappe, sal oor twee dae strek en in Groot-Brakrivier aangebied word. In die loodsjaar sal aanvanklik op netbal, rugby en sokker gekonsentreer word.
Die Burgemeestersbeker, oftewel Mayoral Cup se 7’s-kompetisie in ‘n inisiatief van die lontwikkelingafdeling van die Mosselbaai munisipaliteit en bied die geleentheid vir landelike rugby- en netbalspanne om teen mekaar mee te ding. Daar sal 20 spanne van Friemersheim, Ruiterbos, Herbertsdale, Brandwag, Buisplaas, Mosselbaai Titans, Sonskynvallei, Powertown en Groot-Brakrivier in aksie wees.
Die kompetisie word vanaf 6-7 Oktober op die Groot-Brakrivier-sportgronde gehou en sal deel uitmaak van vanjaar se Sport en Rekreasiefees wat van 22 September – 10 Oktober sal plaasvind.
Die kompetisie word in samewerking met SWD en Eden-netbal aangebied en Mosselbaai munisipaliteit bied slegs logistieke ondersteuning soos benodig.
As deel van die voorbereidings vir die 7’s-kompetisie, sal ‘n sportkliniek vir die afrigters van die 20 landelike spanne wat geïdentifiseer is vir die kompetisie, in Augustus aangebied word sodat hul hul spanne vir die kompetisie, wat in 7’s-formaat is, kan voorberei.
Vir meer inligting of om die kompetisie te borg, kontak Setchmor Rhoodes, landelike ontwikkelingsbeampte by Mosselbaai munisipaliteit, (044 606 6500 of e-pos srhoodes@mosselbay.gov.za).
Burgemeester se Gholfdag
Die tyd raak min vir die tweede jaarlikse Burgemeestersgholfdag wat op 22 Junie by die Mosselbaai-gholfklub plaasvind. Burgemeester Harry Levendal bied dié geleentheid aan ten bate van sy verligting- en welsynsfonds om hulpbehoewendes in die gemeenskap by te staan.
Die teikenbedrag is R300 000 en borge en spanne wat nog wil inskryf vir die vierbal-kompetisie kan Ronell du Toit kontak (044 606 5000 of rdutoit@mosselbay.gov.za).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'