"Die SAPD dien en beskerm die gemeenskap," sê hy.
"'n Perd wat trek, skop nie," lui die gesegde. "Slaan dus liewer jou hand aan die ploeg en kyk nie terug nie.
"Die toekoms, ook dìe van ons kinders, moet hoog op ons prioriteitslys wees. Ek en jy moet 'n veiliger omgewing skep waarin hulle kan opgroei en floreer," maan brig Jantjies.
Buurtwag, Sektor of GPF betrokkenheid
Hoe meer inwoners jy motiveer om paraat te wees, beteken dat jy jouself omring met persone wat ook jou veiligheid op die hart dra. So raak jy en jou omgewing 'n veiliger plek.
Brigadier Jantjies betreur die voorval waarin mnr Waldimar Strauss noodlottig gewond is tydens 'n huisroof by sy woning in die Moquini Sekerheidslandgoed op Danabaai. Hierdie voorval moet egter as waarskuwing dien aan inwoners om meer betrokke te raak teen misdaad.
"Niemand is gevrywaar daarvan om 'n slagoffer van misdaad te word nie, maar ons aktiewe deelname kan egter die waarskynlikheid verminder."
Waghonde
"Diefwering, waghonde en behoorlike alarmstelsels is hulpmiddels om u te be-veilig. Maak egter seker u alarmstelsel werk en diens dit gereeld. Maak kontak met u Stasiebevelvoerder of Sektorbevelvoerders om behulpssam te wees om 'n straat of gebieds-komitee te stig en te laat funksioneer.
Hierdie saak van moord sal, soos enige ander saak, die nodige aandag geniet en die Brigadier het volle vertroue dat die oortre-ders spoedig geidentifiseer en aangekeer sal word.
VOORKOMINGSWENKE TEN OPSIGTE VAN HUISROWE
- Bly kalm
- Moenie weerstand bied nie
- Moenie op die rowers skree nie
- Praat stadig en beantwoord hul vrae
- Moenie die rowers direk in die gesig kyk nie
- Moenie 'n alarm aktiveer wat ge-raas maak en hùlle aanspoor tot geweld nie
- Moenie enige skielike bewegings maak nie: Vrà of jy byvoorbeeld iets uit jou sak mag haal, ensovoorts
- Gee die rowers tyd om die perseel te verlaat, sluit die deure nadat hulle weg is
- Maak 'n "mental note" van elke indiwiduele rower se lengte, kleredrag, liggaamsbou, uitken gesig merke, oë, klere, hare, ken, en ander kenmerkende of opvallende inligting
- Moenie 'n held probeer wees nie. Jou lewe is meer werd as die goedere wat geneem word.