vermaaklikheidskunstenaars wat vakansiegangers en Mosselbaai op hul voete gehad en saam laat sing en dans het.
Eerste aan die beurt was Theuns Jordaan en Juanita du Plessis en mense het selfs op hul eie stoele buite die vermaaklikheidstent van vroeg af sitplek ingeneem om hierdie top kunstenaars se optrede te sien.
Daarna het die Campbells en Wicus van der Merwe gevolg en die grappe het mense se tone laat krul van lekkerkry.
Afrikaanse musiek se groot koning, Steve Hofmeyr het die verhoog met Karlien van Jaarsveld gedeel en die gehoor kon net nie genoeg kry van hierdie top sangers nie.
Ander kunstenaars wat behoorlik vermaak het, was Gerhard Steyn, Pieter Koen, Sorina - Die Flooze, Snotkop, Monique, David Fourie en die mooi mans van die groep Adam, wat behoorlik die jonge dames twee keer laat loer het.
Steve Hofmeyr, die onbetwiste koning van Afrikaanse musiek, en Karlien van Jaarsveld het die gehoor by die Bravo Fees behoorlik op hul voete gehad. Foto: Tersia Marais

Die mooie manne van die groep Adam het veral die jong meisies twee keer laat loer. Foto: Sean Snyman