MOSSELBAAI NUUS - 'n Brandweerman van Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdienste is op 'n ongelukstoneel vanmiddag, 19 Januarie by die kruising van Louis Fourieweg en Mayixhalestraat beseer waar twee voertuie gebots het.
Die brandweerman het uit die voertuig geklim, geval en 'n kopbesering opgedoen.
'n Opel- en ‘n Corolla-voertuig was in die botsing betrokke. Die twee bejaardes in die Corolla is ongedeerd, maar die bejaarde man moes deur nooddienswerkers aan die bestuurderskant van die voertuig uitgehaal word aangesien die deur nie kon oop nie. Die bestuurder van die Kadet is ongedeerd.
Die polisie en verkeersdienste is op die toneel en die verkeer word gereguleer.
Die polisie en verkeersdienste is op die toneel.
Die bejaarde man moes deur nooddienswerkers aan die bestuurderskant van die voertuig uitgehaal word aangesien die deur nie kon oop nie.
'n Opel- en ‘n Corolla-voertuig was in die botsing betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'