"Ek het toe begin besef wat aangaan en dat die man seker oor kinders moes toesig hou.
"Daar was skielik 'n klomp mense. Die man het verskriklik te kere gegaan toe hy die kind se liggaam sien. Hy het op sy knieë daar gaan sit en uitgeroep tot mense hom weggelei het. Ek dink die paramedici het hom toe vir skok behandel."
Eugene sê dit verbaas hom hoe mooi die jonge Hermann kopgehou het.
Vanaf 1 Desember 2014 to 14 Januarie 2015 is 31 verdrinkings aangeteken, waarvan 19 volwassenes en 12 kinders was. Sleurstrome word aangedui as die grootste sondebok wat die lewens van nege mense, waarvan vyf kinders is, geëis het.