EDEN DISTRIK NUUS - George en Eden se brandweermanne het ons streek verteenwoordig tydens die Kaapstad Karnaval wat Saterdag in Groenpunt gehou is.
Die manne en vroue in blou en wit het tyd ingeruim vir ‘n handskud met premier Helen Zille en Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille tydens al die feestelikhede.
Die tema van die karnaval was “Mother City, Mother Nature” en het menigte na Kaapstad gelok wat graag die parade van vlotte en vertonings wou meemaak.
Brandbestryders van George en Eden (blou en wit) en lede van Working for Fire (geel) het die Kaapstad Karnaval Saterdag by Groenpunt bygewoon. Die Wes-Kaapse premier Helen Zille (voor middel) het ‘n feestelike tyd saam met die groep geniet.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'