MOSSELBAAI NUUS - Dit wil voorkom asof 'n kers wat omgeval het, tot die brand aanleiding gegee het wat die heenkome Vrydagaand, 24 November, van 'n alleenouer en haar vier kinders op Jonkersberg verwoes het.
Raadslid Anton Dellemijn, wat hulp gaan verleen het, berig dat die gesin letterlik alles, ook hul identiteitsdokumente en Sassa-kaarte in die vernietigende brand verloor het.
Geen lewensverlies is aangemeld nir. Enige persoon wat van hulp kan wees met kos, klere of meublement kan raadslid Dellemijn (044 606 5000) kontak.
'n Alleen ouer Katrina January en haar vier kinders van Jonkersberg het ter noue dood ontkom toe hul woonplek afgebrand het laasnag.
Die brand het die huis verwoes.
ARTIKEL & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'