GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Drie wonings in die Wolwedans-omgewing is gisteraand, 18 Januarie in puin gelê nadat ‘n brand uitgebreek het.
‘n Vierde woning is danksy die spoedige optrede van die Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdienste gered, aldus die kommunikasiebeampte van die polisie op Groot-Brakrivier, sers Laurianne Botha.
“Die gesinne het alles verloor in die brand,” berig Botha. Indien enige lede van die gemeenskap na die gesinne sou wou uitreik, kan hulle Botha skakel (082 522 1682).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'