MOSSELBAAI NUUS - ‘n Bosbrand, wat verlede week in die Ruiterbos omgewing ontstaan het, het intussen weer opgevlam.
Mosselbaai brand- en redding en verskeie boere met waterkarre en brandslaners, is tans besig om vlamme te blus suid van die Bosboustasie in 'n denneplantasie.
Voorlopige inligting dui daarop dat die brand verlede in alle waarskynlikheid gestig is. Die brand het op twee plekke gelyktydig ontstaan.
‘n Dik laag dennenaalde op die grondbedekking en sterk winde veroorsaak dat vlamme wat voorheen geblus is, weer opvlam.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’