Update Video
KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit, amptenare van CapeNature en die departement van visserye in samewerking met verskeie rolspelers het op Vrydag, 28 Mei die Klein-Brakrivier meganies oopgemaak.
Die masjien het reeds van 07:30 begin om deur die sandwal te breek om die water van die rivier na die see te herlei.
Anders as by vorige geleenthede was daar nie baie lede van die publiek teenwoordig nie na 'n versoek van die munisipaliteit dat niemand binne die versperrings toegelaat gaan word nie. Covid-19-regulasies was ook in plek.
Verskeie klagtes van die hoë vlak wat die rivier en vele vergaderings later is daar besluit om die rivier oop te maak.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Klein-Brakrivier se pensie propvol
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'