MOSSELBAAI NUUS - Son is uit, sonbrille is op - dit is die manier van lewe vir twee honde op Groot-Brakrivier.
Cathy de Lange is die eienaar van Rua, 'n sewejarige Rottweiler en Honey, 'n goue apporteerhond van sewe maande.
Dis snaaks om 'n hond verby jou te sien loop met sonbrille.
De Lange sê die brildraery het begin toe 'n muggie in Rua se oog gevlieg het terwyl hulle op een van hul gereelde bakkieritte was.
Rua en Honey wil nie 'n bakkierit mis nie. Foto: Cathy de Lange
"Die dra van die brille het hulle baie gewild gemaak, aangesien hulle ook vriendelik en goed opgelei is," vertel de Lange.
"Hulle raak na 'n rukkie gewoond aan die bril, want hulle wil nie 'n bakkierit mis nie."
De Lange sê sy het die sonbril aanlyn bestel, in 'n grootte wat goed om die honde se neuse sal pas.
Rua dra al sowat vier jaar dié opvallende sonbril. Honey natuurlik baie korter, maar beide trek aandag en lyk tog te oulik met dit aan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’