MOSSELBAAI NUUS - Geniet ‘n heerlike Vrydagmiddag in 'n ontspanne luim op jou eie stoep met smullekker braaivleis wat vir jou gerief, deur iemand anders voorberei is.
'n Smaaklike braaivleispakkie, bestaande uit ‘n stukkie wors, skaaptjoppie en hoender met ‘n ertjieslaai en noedelslaai teen slegs R100 per ete is by die ACVV Kenani beskikbaar.
Bestellings kan geplaas word by die kantoor (044 690 3204) vanaf Maandae tot Vrydae.
Die laaste dag vir die neem van bestellings is Donderdag, 18 November.
Braaivleis kan Vrydag, 26 November tussen 11:00 en 13:00 afgehaal word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'