MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie vind nou op Saterdag, 4 November, plaas.
Vanjaar domineer vroue die kompetisie en uit die vyf finaliste is daar slegs een man. Die finaliste is: Clarice Andries, Louis Pieterse, Jacolean West, Adele Cornelissen en Pauli Pretorius.
Die gewilde braaibroodjiekompetisie vind by die Koswerf op Hartenbos plaas.
Inwoners is welkom om die geleentheid by te woon. Dit begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur.
Die Mossel Bay Advertiser bedank die volgende borge: Botlierskop vir 'n wildsrit vir twee mense vir drie ure, Brink & De Bruin Oogkundiges vir 'n Jeep-sonbril, ATKV Hartenbos vir twee aande se verblyf vir vier mense, Gastao's vir 'n geskenkpak, Zandra Klapwijk vir twee kuns glaswerke, CP Craft Coffee Roasteries vir 'n geskenkpak, SSK Agriland vir vyf R300 geskenkbewyse en Albert Wiffen vir 'n bootreis vir twee op die Aquamarine. Voornemende borge kan Louise Karsten kontak by 072 599 8533.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’