MOSSELBAAI NUUS - Vroue van Seeds of Hope, 'n organisasie wat borskanker- en ander pasiënte ondersteun, het St Blaize RK Primêr se personeel, Vrydag, 18 Oktober, toegespreek.
Ondersteuning
Lee-Shelle Joubert, Glynis James en Merchelle Groenewald het oor borskanker gepraat.
Die opvoeders en leerders het hul ondersteuning gewys deur pienk aan te trek.
Kerk
Almal het die dag baie geniet. Van diegene teenwoordig, is ook lede van die Holy Nativity Anglikaanse kerk in Uitbreiding 8.
Charlene Nomdoe (St Blaize se sekretaresse) Glynis James (Seeds of Hope), Esmeralda Pheiffer (adjunk-hoof van St Blaize) en Lee-Shelle Joubert en Merchelle Groenewald (albei Seeds of Hope).
Die leerders het moeite gedoen om mooi te lyk. Agter: Blessing Lechuti, Zeenat Misland, Vritney Mei, Joy Plaatjies, Kimlynne Arnols, Reginay Moolman en Rushka Flores. Voor: Veronique Swarts, Kaylene Hlabisa, Saquina Ndlovu, Hlalumi Mhlaba, Oyintando Mbodo en Belinda Lechuti.
Pragtig in pienk. Agter: Lehandré Kapp, Uyathandwa Nontshaba, Mihikah Kleinhans, Yonakha Mhlekwa, Ovayo Singama en Kungothando Moffat. Voor: Olunje Mele, Anazo Thengeni, Zitha Heunis, Jasnine Steembok en Qaqamba Rossouw.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’