MOSSELBAAI NUUS - Terwyl jy ontspan in die somerson, is 'n misdadiger opportunisities en sal iets van jou of jou gesin gryp, neem, of gewelddadig steel.
'n Vroeë oggend strandwandeling alleen kan maklik lei tot 'n roof.
Bly paraat terwyl jy met vakansie is. Probeer sover as moontlik in goedverligte areas beweeg waar daar ook ander mense is. Wees versigtig wanneer jy alleen is. Veral in die donker.
Moenie waardevolle items in jou voertuig los nie en sluit jou woonplek voor jy dit verlaat
Bewaar jou besittings en vermy om groot hoeveelhede kontant of waardevolle items saam te dra.
Gebruik 'n geldgordel of 'n veilige sak vir noodsaaklikhede soos paspoorte, kredietkaarte, en persoonlike identifikasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’