Update
DANABAAI NUUS - 'n Boomslang is die mees onlangse slagoffer van padvarke wat diere op Danabaai se paaie doodry.
Meer onlangs het die Mossel Bay Advertiser berig oor wildsbokke, skilpaaie, paddas en uile wat binne 'n tydperk van twee weke ook in die gebied deur voertuie getref is.
Die Danabaai-bewarea sê die boomslang is gister in Floraweg doodgery.
"Ons weet nie almal hou van slange nie, maar in 'n gesonde omgewing het elke soort dier 'n rol om te speel.
Slange help om die balans te handhaaf deur klein plae te eet en is 'n voedselbron vir groter roofdiere, dit wil sê groter voëls, ander reptiele en soogdiere," sê voorsitter van die bewarea, Erika Van Der Westhuizen
Van der Westhuizen doen 'n beroep op motoriste wat in die Danabaai omgewing ry om spoed te verminder en op die uitkyk te wees vir diere in die omgewing. "Kyk uit vir ons wild, asseblief!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’