MOSSELBAAI NUUS - Die begin van die lente is hierdie naweek op groot skaal in die Mosselbaai-area gevier. AfriForum Jeug het vyf suurlemoenboompies by die gewilde Hart & Bosch mark net buite Hartenbos geplant.
Volgens Abi Jansen van Rensburg, voorsitter van die jeugtak, is dit belangrik vir AfriForum Jeug om soveel as moontlik bome te plant, omdat dit 'n belangrike bron van suurstof is.
"Ons het op suurlemoenbome besluit, omdat die bome ook iets teruggee deur die vrugte wat hulle oor 'n paar jaar gaan dra".
Lede van die AfriForum-tak gaan môre Saterdag, 10 September, 21 koorsbome in die Apiesdoring Park in Heiderand plant.
Afriforum Jeug aan die woeker om bome te plant.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'