GROOT-BRAKRIVIER NUUS - In Suid-Afrika, is nasionale boomplantdag in 1983 vir die eerste keer gevier.
Sedertdien bring Suid-Afrikaners hul kant om by te dra tot die land se boomerfenis.
Verlede week is daar in Groot-Brakrivier ook bome geplant.
AfriForum asook die dorp se besigheidsforum het ingespring om hulle deel te doen. Vanjaar se boomkeuse is die maroela- en die appelblaar boom.
Joy Cook en raadslid Annatjie Janse van Rensburg plant 'n boom oorkant die polisiestasie in Groot-Brakrivier.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'