Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Dis ongelooflik om te sien hoe ‘n land kan saamstaan in goeie tye soos met die afgelope oorwinning van die Rugbywêreldbekertrofee. Terseldertyd staan Suid-Afrikaners ook saam om boere te help tydens die knellende droogte.
Verskeie hulporganisasies onder leiding van Burre Burger se Droogtehulpprojek het die afgelope naweek in Boesmanland saamgetrek op Karel en Talita Louw se plaas Wolfkraal om produkte vir die boere van die Gamoep-omgewing te neem.
Vis, vleis, mielies, bande, kos, geskenke, drinkwater, medikasie, skoonmaakmiddels, noem maar op, dit was daar. Plaaslike organiseerders van die Mosselbaaise uitreik, Theuns Kritzinger en sy vrou Jackie het Donderdag met ‘n konvooi vragmotors en sowat 20 inwoners vanuit die Mosselbaaiomgewing vertrek.
Twee mense van Plettenbergbaai het ook by hulle aangesluit. Daar is oorgeslaap in Hermon.
In Sitrusdal het hulle gestop om nog vier kratte kos te laai. Brandstofskenking Theuns vertel dat verskeie mense die konvooi se reis op sosiale media gevolg het. Terwyl hulle op pad was, het Burre Burger, 'n oproep van 'n inwoner van Langebaan ontvang wat met die vulstasie in Van Rhynsdorp gereël het dat die hele konvooi op sý rekening brandstof kon ingooi.
Vanuit die Mosselbaai-omgewing is sowat 2 500 geskenkboksies, stokvisfilette, bloubessies, water, koeldrank, klere, skoonmaakmiddels en vele meer geskenk.
Vrywilligers het die skenkings sorteer en dit gedurende die naweek uitgedeel. Tydens die uitreik is daar in ligter trant, gebraai en vermaak aan die boere gebied.
'n Kerkdiens is Sondag gehou en boere van die omgewing is deur Burre Burger bemoedig.
Daar word nou beplan om die volgende droogtehulpspens teen einde November in Calvinia op te rig.
'n Konvooi vragmotors met ongeveer 330 ton pitmielies is by die droogtehulpspens afgelaai.
Plaaslike firma, JK Staal/Prima Gates in Mosselbaai het kitaarvorminge roosters van vlekvrye staal teen kosprys vir die projek. Die roosters word te koop aangebied.
Enige skenkings is steeds welkom en kan by die droogtehulpdepot in Gerickestraat tussen Logo Studio en Baruch’s Coffee Roastery in Voorbaai geneem word.
Enigeen wat bydraes wil lewer vir die volgende uitreik of roosters wil koop, kan Theuns kontak (082 376 5115).
Luister na die video waar Theuns Kritzinger vertel van hulle uitreik!
Kyk hoe swaar kry die diere!
Kyk nog twee video's hieronder:
- https://www.facebook.com/burgerburre/videos/457790328178614/
- https://www.facebook.com/burgerburre/videos/534564957396698/
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'