MOSSELBAAI NUUS - Die Community Soup Drive het binne drie dae 130 boeke bymekaar gemaak na 'n pleidooi van Ridgeview Primêr wat gevra het vir boeke vir hul biblioteek.
William Sam wat self twee boeke geskryf het, het toe hy die berig sien, dadelik gedink aan sy jonger dae op laerskool toe skole nog volledige biblioteke gehad het.
"Boeke lees het my baie gehelp. Soveel so dat ek gereeld sertifikate vir die beste vordering ontvang het," vertel Sam.
Hy het Woensdag, 8 Maart 'n pleidooi op die Community Soup Drive-Facebookblad geplaas en so 'n paar vriende genader en teen Vrydag, 10 Maart, het hulle 130 Afrikaanse en Engelse leesboekies aan Ridgeview Primêr gaan oorhandig. Volgens Sam gaan hulle werk hiervan maak en is enigiemand welkom om nog skenking te maak.
Kontak William Sam (082 387 6340) of Jadé Marthinus (044 693 0030).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'