MOSSELBAAI NUUS - ’n Bekendstelling vir die boek, Maanlig Godin, vind op 23 April by Onder die Denne in Aalwyndal, Mosselbaai, plaas.
Twee skrywers, Stephan Jansen van Vuuren van Mosselbaai en Marie Earle van Mbombela, verweef die verlede in ’n boeiende verhaal.
Hulle storie verbind koorssiekte van ’n eeu gelede met die Covid-pandemie en toon hoe deursettingsvermoë en liefde mense oor die tyd heen bly saambring.
Die funksie, waarvoor toegang gratis is, begin om 17:00 en sluit ’n verwelkomingsdrankie, botterskorsie-en-biltongsop en potbrood in.
Vir meer inligting, skakel Earle (073 860 0412).
Die voorblad van die boek.
Marie Earle
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’