MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Toerisme het goedgunstiglik borgskap van uniforms en vergoeding aan die Bo-dorp-buurtwag geskenk om te help om die St Blaize-voetslaanpad te laat patrolleer en sodoende stappers se veiligheid op hierdie gewilde roete te verseker.
Groep van agt patrolleerders is saamgestel wat daagliks vanaf 1 Desember 2020 tot en met 19 Januarie 2021 die roete beveilig.
Daar is twee groepe van twee persone elk wat die roete van 08:00 -16:00 patrolleer. Die roete strek vanaf die ligtoring by die Punt tot en met die blou drom. ongeveer 7km daarvandaan.
Die spanne is toegerus met 'n selfoontablet en maak sodoende kontak met die Bo-dorp-buurtwagkomitee, die polisie en ander noodnommers indien daar voorval is waartydens hulp vereis word.
Hulle het ook twee handradios waarmee hulle met mekaar, ander buurtwagte asook die polisie kan kommunikeer.
Hulle posisies op die roete word ook op sekere punte aangestuur sodat daar vinnig addisionele reaksie gebied kan word indien nodig.
Die patrolleerders deel ook roetekaart met noodsaaklike kontaknommers in geval van nood aan stappers uit. Die strande is toe, maar dié pragtige roete wat die suidelike gedeelte van die Mosselbaai-kuslyn is oop vir die publiek.
Die patrolleerders van die St Blaize-staproete saam met Aneli Gerber, bestuurshoof van Mosselbaai Toerisme (links), is (links na regs) Hembinkosi Tshoko, Sheppard Stuurman, Johannes Kalala en Siza Matroos.
Mike D'Elboux (Bo-dorp-buurtwagkomiteelid) ontvang die klere van Aneli Gerber van Mosselbaai Toerisme.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'