MOSSELBAAI NUUS - Die feestyd is 'n tyd om te ontspan en jou hare los te maak. Dit sluit gewoonlik 'n paar drankies saam met vriende en familie in, hetsy by 'n kroeg of by 'n braai.
Maar, die boodskap is duidelik: Drink verantwoordelik. En die belangrikste, moenie drink en bestuur nie.
Hou jouself en ander veilig gedurende dié feestyd deur een van Mosselbaai se taxidienste te kontak vir 'n rit.
Die volgende taxidienste is beskikbaar wanneer jy 'n saamry-geleentheid huis toe benodig:
• 24/7 Taxi Services: 082 932 5809
• Smith Taxi: 072 924 5977
• Boeber Taxi Mossel Bay - Hartenbos: 078 120 0318
• Elite Taxi Services: 066 347 4255
• Tripz Shuttle Services: 083 501 0771
• Travel at the Bay Taxi: 072 924 5977
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’