MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-blommeskou, wat vandeesweek van 15 tot 17 September plaasvind, is 'n hoogtepunt op die kalender vir natuurliefhebbers.
Vanjaar kan blommerangskikkers deelneem in drie kategorieë waarin kontantpryse te wen is.
Inskrywings is gratis en elke deelnemer moet sy/haar eie blomme, loof en houers bring en die rangskikking moet dan op die terrein gedoen word op Donderdag, 14 September of voor 10:00 op Vrydag, 15 September.
Kinders wat graag wil deelneem, moet hulle rangskikkings in kersblakers of in eierdoppe doen. Die tema is, ’n Feëtjietuin op ’n skinkbord.
Beginners kan hulle rangskikkings van vetplante in ’n ongewone houers doen met die tema, Rangskikking in ’n mandjie. Die die gevorderdes is daar 'n ander uitdaging met die tema, Simfonie in rooi. Hier moet loof saam met hout gerangskik moet word.
Die doel van die verskillende temas is om kostes vir die rangskikkers te bespaar en dit sodoende moontlik te maak dat almal aan hierdie kompetisie kan deelneem.
Onder hierdie temas sal daar ook vir groter verskeidenheid by die skou gesorg word.
Die blommeskoukomitee nooi alle rangskikkers asook tuiniers uit om deel te neem aan hierdie pragtige geleentheid. Die Dias Museum word jaarliks omskep in ’n lushof van alle tipes plante tydens die blommeskou. Inskrywings vir die onderskeie kategorieë is gratis en daar is lekker pryse te wen.
Besoek die Facebook-blad by: Mosselbaai blommeskou/flowershow
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'