Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die gewilde Mosselbaai-blommeskou vind hierdie week vanaf 12 tot 14 Oktober in die Dias Museum plaas.
Kom geniet 'n verskeidenheid van kleure, geure en spesies wat uit plaaslike tuine kom en uitgestal word. Die blommerangskikkings inspireer jaarliks meer mense om te rangskik en die standaard is besonder hoog. Die skou is daagliks oop vanaf 08:00 tot 16:00.
Die Mosselbaai-tuinbouklub gaan plante verkoop en ‘n lafenis vir die droeë kele aanbied.
Die uitstalling in die graanskuur beloof om iets besonders te wees met die spesiale uitstalling deur die ikebana-spesialis, Charles Kinnear.
'n Pragtige mandjie blomme was een van die inskrywings verlede jaar.Foto: Tersia Marais
Die bonsai-afdeling spog jaarliks met meer en meer inskrywings. Foto: Tersia Marais
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'