TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die publiek word genooi om aan 'n virtuele Big Walk by Binah deel te neem.
Met die Tuinroete wat tans 'n Covid-19-brandpunt is, het die organiseerders van hierdie gewilde familie-geleentheid die verantwoordelike besluit geneem om die geleentheid virtueel te maak.
Die publiek kan steeds deelneem en 'n bydrae maak.
Registreer voor 15 Desember aanlyn by https://www.pay.onlines.co.za/product/autismwalk/
Neem dan jou bewys van registrasie na Pick n Pay Family Supermarket George en kry jou medalje en geskenksak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'