MOSSELBAAI NUUS - Met damme in die Mosselbaai omgewing se vlakke wat baie laer is in vergelyking met verlede jaar dieselfde tyd en die reën wat nog nie behoorlik opgedaag het nie, gaan daar op 16 Desember gebid word vir reën.
Dit vind plaas by die Garden Route 4x4 Expo, 8km op die Herbertsdale pad tussen 10:00 en 11:00 die oggend.
Almal is welkom en toegang is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'