MOSSELBAAI NUUS - Alle gelowiges word opgeroep tot 'n interkerklike biddag vir reën.
Die geleentheid word gehou op Saterdag, 23 November om 10:00 by die ATKV amfiteater, Hartenbos.
"Saam gaan ons bid vir ons eie situasie in die Mosselbaai-omgewing, asook vir ons land. Almal is daarom baie welkom om die geleentheid by te woon."
Bring jou eie stoel, kombers of kussing saam. Verdere navrae kan gerig word aan Attie Claassen (062 692 7755). Die prediker is ds Tertius Conradie van die NG-gemeente Brandwacht.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'