MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het 13 biblioteke wat vandeesweek elk sy eie program aanbied vir Nasionale Biblioteekweek.
Die biblioteke is Friemersheim, Herbertsdale, Ruiterbos, Brandwag, Ellen van Rensburg (Groot-Brakrivier), Sonskynvallei, Hartenbos, Mosselbaai, D’Almeida, Thusong-sentrum (KwaNonqaba), Buisplaas, Greenhaven en Mosselbaai (sentrale sakekern).
Van speletjiesmiddae tot storieskryf- en inkleurkompetisies, veiligheids- en tegnologiepraatjies, kuns- en handvlytprogramme, digkunswerkswinkels, kinderprogramme en meer - die plaaslike biblioteke het iets vir almal.
Die grootste nuus is natuurlik dat alle boetes gedurende biblioteek week vanaf 18-22 Maart afgeskryf word.
Biblioteeklede wat lank uitstaande boeke in hulle besit het, word aangemoedig om dit hierdie week in te handig, boetevry tot en met Vrydag, 22 Maart.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’