GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n Vermeende inbreker is tans onder polisiebewaking in die George-hospitaal ná hy met ’n onverklaarbare nekbesering in ’n gebou op Groot-Brakrivier betrap is.
Johan Marais van Eden District Security sê die gebou (in Langstraat) se alarm het net voor 04:00 vanoggend, 10 April, afgegaan en ’n reaksiespan is soontoe gestuur.
Daar aangekom het hulle die verdagte binne betrap.
Die reaksiespan het die perseel beveilig en die Groot Brak-polisie in kennis gestel, asook die persoon wat die gebou se sleutels hou.
Toe die verdagte gearresteer is, het hy reeds die besering aan sy nek gehad. Dit is tans nog onduidelik hoe hy dit opgedoen het.
Die polisie sê ’n huisbraaksaak word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’