MOSSELBAAI NUUS - ‘n Ernstige beroep word op alle vakansiegangers gedoen om asseblief nie mariene dieretjies soos onder andere seesterre en seekatte uit hul natuurlike habitat te vewyder nie.
Hierdie mariene diere vervul 'n uiters belangrike rol in die sensitiewe ekosisteem.
Hengelaars wat sonder permitte aas verwyder, kan vervolg word.
Veral Danabaai strande loop erg deur.
Die Departement van Landbou en Seevisserye asook die Omgewingssake beampte van die Mosselbaai Munisipaliteit is in kennis gestel en die patrollies uitgevoer sal word soos nodig.
Geniet dit wat die pragtige kuslyn bied maar bewaar dit ook vir die volgende persoon en geslagte wat nog kom om te geniet.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'