SUID-KAAP NUUS - Die Wes-Kaapse Provinsiale Tesourie nooi matrikulante, voorgraadse en nagraadse studente om aansoek te doen vir beurse indien hulle ’n loopbaan in enige van die volgende rigtings wil volg: ekonomie, rekeningkunde, finansies, ouditkunde | interne ouditkunde en besigheidsadministrasie.
Beurse sal toegeken word aan suksesvolle aansoekers om voltyds geakkrediteerde kursusse te volg aan geakkrediteerde universiteite, in die aangeduide studierigtings of skaarsvaardigheidsrigtings vir nie minder nie as een jaar.
Daar sal van die suksesvolle aansoekers verwag word om kontraktuele verbintenisse met die provinsiale tesourie te sluit. Finansiële ondersteuning om voltyds te studeer, beteken nie noodwendig ’n geleentheid om werkverwante ervaring op te doen nie. Applikante met gestremdhede word aangemoedig om aansoek te doen.
Minimumvereistes
• Aansoekers moet Suid-Afrikaans wees, van 17 tot 35 jaar oud, en in die Wes-Kaap woon.
• ’n Minimumprestasievlak van 70% (of hoër) in minstens twee van die vakke Ekonomie, Wiskunde en Rekeningkunde op hoërskool (leerders wat tans in graad 12 is, moet hul uitslae van Desember 2016 en Junie 2017 insluit) en ’n gemiddelde van 60% (of hoër) aan ’n universiteit of technikon.
• Nagraadse applikante moet reeds ’n B-graad verwerf het in een of meer van die studierigtings hierbo genoem.
• Mag nie in besit wees van ’n ander beurs nie.
• Voorkeur sal aan benadeelde kandidate gegee word.
Pos aansoeke aan Die Wes-Kaapse Provinsiale Tesourie, Afdeling Verhoudingsbestuur: Korporatiewe Dienste, Privaatsak X9165, Kaapstad 8000, aandag: Mnr D van Aarde
Aaansoeke kan ook in persoon ingelewer word by: Wetgewingsgebou, Waalstraat 15, Kaapstad, en geplaas word in die poshouer gemerk Provinsiale Tesourie: Beursaansoeke: Voltydse studie 2018/Provincial Treasury Bursary Applications: Full-Time Study 2018
Aansoekvorms is beskikbaar by www.westerncape.gov.za/treasury.
Vir telefoniese navrae, kontak mnr D van Aarde (021 483-3040).
Die department behou hom die reg voor om nié beurse toe te ken nie. Sluitingsdatum: 29 September
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'