Die polisie se opebare-orde eenheid is op die toneel en monitor die situasie.
Volgens die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sers Kapp, groei die groep betogers steeds.
'n Klein groepie betogers het vroeër vanoggend Mayixhalestraat in KwaNonqaba versper en bande gebrand. Hier is die groep deur die polisie uiteengejaag waarna hulle in klein groepies van stemlokaal tot stemlokaal beweeg het om die laaste registrasie-geleentheid voor die munisipale verkiesings op 3 Augustus te ontwrig.