MOSSELBAAI NUUS - Reece Meyer (17), 'n graad 11-leerder aan Hoërskool Punt, is as junior burgemeester van Mosselbaai verkies. Kort daarna is Reece ook as Hoërskool Punt se hoofseun verkies.
Om dit meer spesiaal te maak, is Kim Petersen (17), Reece se beste vriendin en 'n graad 11-leerder by Curro Mosselbaai, as junior onder-burgemeester verkies. Kim is ook in dieselfde week as Reece, as Curro se hoofmeisie verkies.
Reece sê dié prestasie voel surrealisties en dat hy homself nog nooit in 'n posisie soos dit gesien het nie. "Die beste woord om te beskryf wat ek voel, is geseënd. Ek is oneindig geseën," sê hy.
Vir Kim, voel dit opwindend, maar ook oorweldigend om so 'n groot rol op haar jong ouderdom te hê. "Om as junior onder-burgemeester verkies te word, is nie net sonskyn en reënboë nie; daar gebeur baie agter die skerms, asook om verantwoordelikheid vir projekte te neem en te help met organisasie.
Kim Petersen. Foto: Verskaf
Maar oor die algemeen kan ek sê dat ek beslis opgewonde is oor wat die res van hierdie jaar en volgende jaar sal bring." Eerlik gesproke, sê sy dat sy nie haarself gesien het as 'n hoofleier nie, al het baie mense vir haar gesê sy sal beslis verkies word.
Junior Dorpsraad
Die Junior Dorpsraad (JTC) bestaan uit sewe uitvoerende poste en word ingeneem deur leerders van skole regoor die breër Mosselbaai-omgewing. Twee leerders van elk van die sewe skole vul 'n setel op die JTC.
Hierdie twee kom al 'n lang pad - beste vriende van kleintyd af, hulle neem nou die nuwe hoofstuk van hul skoolloopbaan aan, steeds vas aan die heup.
Toe Reece gevra is hoe hulle daaroor voel om langs mekaar te werk, het hy gesê dat die wete dat hy hierdie nuwe reis saam met Kim navigeer, hom op sy gemak stel.
"Sy speel so 'n kritieke rol in die mens wat ek is en dryf my om 'n beter weergawe van myself te wees. Sy vul my swakhede aan en andersom. Ons maak 'n goeie span!"
"Ek is geëerd om saam met my beste vriend te werk en sal dit nie saam met iemand anders wil doen nie," sê Kim.
Reece en Kim se pligte as junior- burgemeester en onder-burgemeester moet nie geringskat word nie.
Reece Meyer. Foto: Verskaf
Dit sluit in die beheer en toesig oor raadsvergaderings, kontak met ander jeugrade om inligting te deel en selfs die bywoning van regte Mosselbaai-raadsvergaderings en skouers skuur met burgemeester, Dirk Kotzé, en sy uitvoerende beamptes.
Kim se verantwoordelikhede sluit in die bestuur van haar skool se sosiale media-bladsy en om 'n helpende hand aan die junior burgemeester te gee wanneer nodig. Sy moet ook teenwoordig wees by geleenthede waar die junior burgemeester kan dit nie maak nie.
Reece het gedeel dat die eerste ding wat hy in sy hoofseun-aanvaardingstoespraak gesê het, "Kan iemand asseblief my ma bel!" Dit op sigself wys hoe baie sy familie vir hom beteken. "Alles wat ek is, is as gevolg van hulle."
Vir Kim is dit dieselfde; haar ouers het beslis 'n traan of twee gepink toe hulle sien hoe hul jongste al soveel bereik het. “Ek weet hulle is besonder trots op my en die vrou wat ek besig is om te word.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’