Gelukkig het hul vriende, Lawrence en André Stroebel met 'n klein branderplank na Jood uitgeswem waarop sy bo die water kon bly en waarmee sy uiteindelik die strand bereik het.
Die vier besoekers is op die strand bygestaan deur personeel van die ER24 ambulansdiens, wat hulle oor die gevare van strome voorgelig het.
Die besoekers was aan die Suidkus om aan die SA Cross Country Kampioenskappe deel te neem, en het na wat berig word die byeenkoms baie geniet.
Hulle het kort ná die voorval op die strand huiswaarts gekeer.

Jood en Jaco Strydom saam met André en Lawrence Stroebel na hul noue ontkoming op Diasstrand op Maandag, 15 September.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'