MOSSELBAAI NUUS - Die beskuldige in ’n saak van crimen injuria en aanranding het op Woensdag 2 Julie weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Hy staan tereg op aanklagte van aanranding ná 'n onderonsie met die klaer, ’n vrou, in April.
Die saak is tot Donderdag 7 Augustus vir bemiddeling uitgestel.
Die voorval het na bewering op ’n parkeerterrein in Voorbaai plaasgevind. Die klaer beweer dat die beskuldigde in haar gesig gespoeg, met ’n verkeerskegel gegooi en ’n rassistiese term toegesnou het.
Die beskuldige het vroeër beweer dat die vrou hom eerste aangerand het, maar weens ’n gebrek aan bewyse is die saak wat hy teen haar oopgemaak het egter van die hofrol geskrap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’