MOSSELBAAI NUUS - 'n Selfoonwinkel by 'n winkelsentrum op Mosselbaai is gister beroof.
Die voorval het om ongeveer 09:00 by die winkel in Essenhoutstraat in Heiderand plaasgevind.
Volgens inligting het 'n man by die winkel ingestap en werknemers met 'n skerp voorwerp gedreig.
Hy het na bewering die werknemers in die winkel toegesluit en met 'n onbekende bedrag kontant en selfone gevlug.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'