MOSSELBAAI NUUS - ‘n 45-jarige besigheidsman van Mosselbaai maak vandag sy eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof op aanklagte van bedrog van duisende rand.
Die verdagte het glo die afgelope paar maande verskeie deposito’s vir sonpanele of wisselrigtings ontvang, maar nooit die werk gedoen het nie. Die meeste van sy klante is bejaarde inwoners.
Verskeie van die slagoffers het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hulle depositos aan die verdagte betaal het maar dat geen dienste gelewer is nie.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp sê die klaers het na bewering tussen R85 000 en R39 000 betaal .
Kapp sê minstens sewe aanklagte is by verskeie polisiestasies op Mosselbaai teen die verdagte aanhangig gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’