Die byeenkoms op Dinsdag 28 Oktober in die Mosselbaai Seiljag en Bootklub, is goed bygewoon en 'n baie gesellige atmosfeer het geheers.
Talle lede het die nuwe lede, wat hieronder gelys word, verwelkom terwyl meeste dit beklemtoon het dat die informele aard van die byeenkoms 'n welkome verandering was.
Besigheidskamer bestuurslid dr Paul Kruger het die lede verwelkom en die nuwe lede 'n kort geleentheid gebied om hulself en hul besighede aan bestaande lede bekend te stel. Daarna het mnr Lennis van Schalwyk kortliks oor sy boek oor sy ervaring op Antarktika in die sewentigjare uitgewei. Kopieë van die boek, wat net via die Internet en van mnr Van Schalkwyk beskikbaar is, was ook te koop.
Dertien lede het hulle in die jongste verlede by die Mosselbaai Besigheidskamer aangesluit. Hulle is Arend de Waal van Pretorius De Waal Ing; MA Parsons van Pinnacle Point Beach and Golf Resort; H de Lange van Travel Councellors; L Hendricks van Premier Lam Pty Ltd; G Stoker van Berma Consulting en Outiniquabosch Lodge; C Robinson van McDonald's Langeberg Mall; Dr HC Scutte van Real Estate Management Services; Syd Parkhouse van Thembekile Asset Management, Denise Lindley van Francois Ferreira Academy; Lloyd Calitz van Easy Skip George en Mosselbaai; Martin Bench van MIB IT Solutions en Miems Baard van African Bank.
Klik hier vir 'n fotogalery.

Louis en Joy Cook, Lloyd en Alida Calitz en Denise Lindley het gou vriende gemaak.
ARTIKEL EN FOTO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'