MOSSELBAAI NUUS - Besighede op Mosselbaai word deur gewapende rooftogte geteister.
Misdrywe van die aard was nooit voorheen so volop in dié kusdorp nie en dit is merkbaar besig om toe te neem.
Slegs in tien maande, is tien besighede beroof. Meeste hiervan het helder oordag plaasgevind.
In die mees onlangse voorval is die Pep-winkel in Marshstraat in die middedorp die afgelope Maandagoggend met oopmaaktyd beroof.
Slegs enkele dae voor dit is 'n inwoner van Uitbreiding 13, Nazeem Petersen (65), in die kop geskiet toe hy brood by 'n kafee op die hoek van Bonito- en Marlinstrate wou gaan koop.
'n Werknemer van die winkel is ook met 'n vuurwapen geskiet en sterk tans in die hospitaal aan. By elkeen van dié voorvalle, is groot bedrae kontant gesteel.
Poskantoor, Groot-Brakrivier
6 April - Buff & Fellow wildsplaas, Groot-Brakrivier
Dunkes Organic Equestrian Estate, Groot-Brakrivier
12 April - Poskantoor, Groot-Brakrivier
17 June - Romey drankwinkel, Mosselbaai
21 Junie - Joy Sky klerewinkel, Heiderand
15 August - Love Supermarket, Mosselbaai
28 Augustus - spazawinkel, Wolwedans
12 Oktober - Corner Shop, Uitbreiding 13
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’